NETMARK: Kliek vir ons Tuisblad
To English site >>
 Tuisblad  |  Wie is Ons  |  Produkte & Dienste  |  Werkgewers/Maatskappye  |  SEB  |  Loopbane  |  Kontak Ons



SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING

Netmark omskryf swart bemagtiging as die ontwikkeling van die gemeenskappe waarin ons aktief is, eerder as die onwikkeling of verryking van ‘n paar mense. Ons benadering het ons in staat gestel om ‘n kultuur te skep waarmee ons ‘n invloed op plaaslike gemeenskappe kan uitoefen  en dáár veranderings kan maak. Netmark verwelkom nie net swart deelname nie, maar ontwikkel ook wydgegronde bemagtiging in ander sektore van die ekonomie.

Netmark is trots op sy posisie as ‘n swart-bemagtigde maatskappy in die South African Mining Preferential Procurement Forum (SAMPPF)
. BESIGTIG ONS SAMMPF SEB-SERTIFIKAAT.

Swart bemagtiging word in Netmark se struktuur weerspieël deur ‘n aandeelhouding van 25,1% wat deur ons Sisonke Empowerment Trust bestuur word. Regstreekse betrokkenheid van bestuurs- tot bedryfsvlak is deel van die maatskappystruktuur. Hiermee kan ons die gemeenskap bystaan om doeltreffend in die globale mark mee te ding.