NETMARK: Kliek vir ons Tuisblad
To English site >>
 Tuisblad  |  Wie is Ons  |  Produkte & Dienste  |  Werkgewers/Maatskappye  |  SEB  |  Loopbane  |  Kontak Ons



WERKGEWERS / MAATSKAPPYE

Wen die talent-oorlog.

Die grootste uitdaging waarteen organisasies vandag – en vir minstens nog die volgende dekade – te staan sal kom, is om op markkragte te reageer en te leer om die kennis-ekonomie te gebruik. Mense - liewer as kontant, geboue of toerusting - het die bepalende differensieerder van sake-ondernemings geword. Mense is die winshefboom; die bron van ‘n volhoubare mededingende voorsprong.

In die soeke na talent moet maatskappye die invloed van globalisering in ag neem, sowel as die mag van handelsmerke en die aggressiewe penetrering van Internet-gebaseerde tegnologie. Organisasies moet tradisionele werwingstrategieë, wat duur en ondoeltreffend is en nie op handelsmerke toegespits is nie, in heroorweging neem as hulle die regte vermoëns wil lok en behou. Netmark se strategieë, wat op ‘n kombinasie van tegnologie, kommunikasie en professionele diens berus, is daarop gemik om u te help om met die regte mense ‘n volhoubare mededingende voorsprong te bewerkstellig.

As u meer wil weet oor manier om u werwing ‘n hupstoot te gee, 
KLIEK HIER.

Is daar vakante betrekkings wat in u maatskappy gevul moet word?
 KLIEK HIER om meer van Netmark se unieke oplossing te wete te kom!

VRA INLIGTING AAN                            Stuur vir ons ‘n POSBESKRYWING