NETMARK: Kliek vir ons Tuisblad
To English site >>
 Tuisblad  |  Wie is Ons  |  Produkte & Dienste  |  Werkgewers/Maatskappye  |  SEB  |  Loopbane  |  Kontak Ons



WERKGELEENTHEDE VIR GEWESE ESKOM-WERKERS

Soos u weet, ondervind Eskom tans groot probleme met landwye kragvoorsiening.

Netmark, Solidariteit se werkskeppingsvleuel, het tans verskeie geleenthede vir oud-werknemers om weer hul vaardighede in Eskom aan te wend. Netmark is reeds 'n goedgekeurde diensverskaffer van arbeid aan Eskom en kan dadelik kandidate in Eskom plaas. Die aandag word veral op die Camden-, Grootvlei- en Komati-kragstasies toegespits. Hierdie geleenthede sal ook na ander kragstasies uitgebrei word.

Die volgende vaardighede word benodig:

    - Passers,
    - Toesighouers,
    - Elektrisiëns, 
    - Ingenieurs (meganies, elektries),
    - Lynbestuurders,
    - ens.

Alle belangstellendes word versoek om hul CV's na Netmark te faks of te e-pos.

012 664 1141/info@netmark.co.za

      

Disclaimer   Disclosure Document  |  Terms of Use  |  Privacy policy  |  AFRIKAANSE WEBWERF >>